Akademie

Yskasbriewe & Akademiese Beplanning                    ROBOTIKA                    MEDIASENTRUM

Laerskool Louis Leipoldt beskik reeds oor ’n gevestigde robotikasentrum en sien met groot opgewondenheid daarna uit om in 2026 ’n tweede robotikasentrum in gebruik te neem. Hierdie nuwe projek en uitdaging wat die skool aanpak, word met vertroue aangepak en daar word verwag dat dit net so ’n groot sukses sal wees.

Die nuwe robotikasentrum sal vir leerders van Graad R tot Graad 3 ingerig word. Vanaf 2026 sal die onderrigtyd wat leerders in die sentrum deurbring ook verleng word om optimale leergeleenthede te verseker.

Die sentrum sal volgens dieselfde beproefde kurrikulum funksioneer as in die verlede, met gebruik van dieselfde sagteware en hardeware. Die bestaande rekenaarsentrum is opgegradeer om op dieselfde standaard as die huidige robotikasentrum te funksioneer.

Tye:  Eerste pouse  en na skool tot 14:00 (behalwe op Vrydae). Koeldrank of eetgoed word nie toegelaat nie.  Alle boeke moet met sorg hanteer word.   Stilte is noodsaaklik. Boeke mag vir 2 weke uitgeneem word. Leerders in die grondslagfase moet ‘n materiaalsakkie hê om boeke in te plaas wanneer dit uitgeneem word. Leerders mag nie meer as 2 boeke per geleentheid uitneem nie.