Gauteng Onderwysdepartement:

Vision:   Ensuring all learners in Gauteng do well at school and leave our institutions with the values, knowledge, skills and qualifications that will give them the best chance of success in adult life.

Mission: To ensure quality learning and teaching take place in the classroom every day.

Die wapen is in 1967 deur Kaptein van Rhyn ontwerp. Hy het vier voorstelle voorgelê waarvan dié een gekies is deur die destydse bestuur van die skool. Hy het die oorspronklike mosaïekwapen by die hek in Monumentlaan gemaak. Die wapen in die muur by die destydse hoofhek, is afgebreek toe die klein saal in 2010 gebou is. Mev Marlene Jooste het in 2008 ‘n mosaïekwapen gemaak wat nou by die hoofhek in Pretoriuslaan te sien is.

Die wapen in die saal is in 2008, tydens die skool se 60ste bestaansjaarvieringe deur Mnr Chester-Brown opgeknap. Die liggie wat oorspronklik daarin geplaas is, het vir jare nie meer gewerk nie. Die liggie is herstel en vir die eerste keer in 2008 met die skool se sestigste herdenkingsjaar, weer gebruik. Die liggie word tydens saalopeninge en met funksies in die saal, aangesit.

Die wapen bokant die ingang van die kantoor in Pretoriuslaan is in 2008 deur Mev R Mallandain opgeknap. Die skool se wapen is oor die jare deur verskillende instansies op die rekenaar en vir drukwerk aangepas en effens verander.

Mev A van Rensburg het die wapen in 2014 gestandaardiseer vir gebruik op alle korrespondensie en skoolklere. Daar mag nie aan die wapen se dimensies verander word nie. Die wapen mag nie deur enige instansie of drukkers gebruik word sonder die toestemming van die skool nie.

Ons het ‘n digtersvriend gehad
Wat uit ons ryke blommeskat
Vir ons ‘n Lentelied kon sing
Wat lewenskrag vir ons kom bring.

Ons huldig hom vir daardie sang
wat ons met Lentehart ontvang:
In al ons werk… in elke kring
Sal ons die Lenteblydskap bring.

Refrein:
In hierdie gees het ons besluit
Ons werk, ons dien – niks sal ons stuit!
By Louis Leipoldt wil ons leer
Hoe ons ‘n volk kan bou met eer.

Ons skoollied waarvan die woorde natuurlik oor ons skoolnaam gaan is geskryf deur mnr G Olivier en getoonset deur mnr Hoffman wat die musiekonderwyser by ons skool was. Hy het die koor en konserte afgerig. Die woorde van ons skoollied vertel meer oor die digter en skrywer waarna ons skool vernoem is. Van Leipoldt se gedigte is ook later getoonset as kinderliedjies. Ons huldig hom beteken dat ons hom onthou vir sy liefde vir die natuur en plante van sy omgewing waaroor hy gedig het. Ons mooi skoollied is op 17 September 1967 amptelik in die skoolsaal oorhandig en vir die eerste keer gesing:

Ons het ‘n digtersvriend gehad,
wat uit ons ryke blommeskat,
vir ons ‘n Lentelied kon sing.
Ons huldig hom vir daardie sang.

In 2008 het juffrou Amanda Snyman woorde geskryf vir die slotlied van die revue: Ramkietjie onthou ‘n bietjie wat ook die skoolnaam en digter huldig. Die lied word elke jaar vir die Graad 7 afskeid gebruik.

Hier by Louis Leipoldt ons skool,
het ‘n digter ons bekoor
,
soos ‘n rots staan ons leuse daar,
soos een man klink ons stemme saam.
Ons dien jou al meer as 60 jaar.

Ons Leipie Waardes

Ratsimbool: word gebruik om vooruitgang,
samewerking, werk en innovasie voor te stel

Leiervoogde: Gretha Schoeman, Charmaine Barnard, en Stefan Bam.

  • Hier word gepoog om op ‘n regverdige, deursigtige en holistiese wyse na elke individuele Gr 6 leerder te kyk.
  • Slegs Gr 6 leerders mag verkies word (daaropvolgende jaar in Gr 7).
  • 30 – 40 Leiers word verkies (15 – 20 seuns en 15 – 20 dogters), waaruit die 4 hoofleiers gekies word.
  • ‘n Naamlys word van al die graad 6’se gemaak en met leerders gekontroleer.
  • Opleiding rondom die kies van leiers word vooraf vir die Gr 6 leerders en alle personeel wat stem gegee.
  • Verkiesing vind plaas in skooltyd tydens die voorgeskrewe periode soos bepaal deur die skoolhoof.
  • Gr 6 leerders stem vir leiers, asook vir 4 hoofleiers.
  • Alle leerders en personeel stem gelyk op ‘n gegewe tyd sodat besprekings deur leerders en personeel verhoed word. Geen personeellid mag met ‘n ander -lid koukus nie. Die saal word gebruik vir stemming.
  • Elke kind/personeellid mag vir die vooraf bepaalde hoeveelheid dogters en seuns, wat nie die vasgestelde getal oorskry nie, stem.
  • Die leiers- en gedragseienskappe (55%) word gebruik om die kortlys saam te stel.
  • Nadat die personeel en leerders gestem het, sal daar ‘n kortlys saamgestel word, bestaande uit 30 dogters en 30 seuns en hierdie leerders sal dan bepunt word.
  • Akademiese prestasie, deelname aan skoolaktiwiteite en leerders se hoofleierstemme (45%) word gebruik om die name op die kortlys te prioritiseer tot die top 15 – 20 dogters en 15 – 20 seuns.
  • Die leiervoogde voltooi die akademiese prestasievorm en die kultuurhoof en sporthoof voltooi die evaluasievorm oor die kultuur- en sportdeelname soos in hierdie beleid vermeld.
  • Die top 30 Graad 6 leerders, van elke geslag, se naam word alfabeties in die rekenaar ingelees deur die leiervoogde. Die rekenaarprogram verwerk die verskillende punte tot ‘n persentasie, afgerond tot die tweede desimaal, bv. 76,35%. Sodoende ontvang elke applikant ‘n gemiddelde punt.
  • Die leiervoogde hanteer die verwerking van die inligting op ‘n vertroulike wyse.
  • Die verwerkte inligting word deur die verkiesingskomitee gekontroleer.
  • Die eerste 15 – 20 kandidate (seuns en dogters apart) op die kortlys word dan tot leiers verkies en deur die hoof bekragtig. Geen bespreking vind plaas nie.
  • Nadat die verkiesingsproses gedurende kwartaal 4 afgehandel is, sal die 6 leerders, onderskeidelik seuns en dogters met die hoogste punte (verkies deur alle Gr 6 leerders) in aanmerking geneem word vir die hoofleiers posisies. Die verkiesingskomitee mag hulle diskressie gebruik om nog 2 dogters en seuns by hierdie groep by te voeg indien nodig.
  • Die Gr 6 personeel en verkiesingskomitee kry dan geleendheid om te stem vir die hoofleiers (2 dogters en 2 seuns).
  • Stemming word uitgebring vir ‘n eerste en tweede keuse (dogters en seuns). Die eerste keuse tel 2 punte en die tweede keuse 1 punt. Die dogter en seun met die meeste punte, word die hoofdogter en –seun. Die leerder met die tweede meeste punte, word die onder-hoofdogter en –seun. Indien daar dogters/seuns is met dieselfde aantal punte, word die leerder met die meeste stemme as eerste keuse die hoofdogter of –seun.
  • Stembriewe word deur die hoof leiervoog ontvang en deur me Schoeman, adjunkhoof en hoof verwerk na die top 2 seuns en top 2 dogters. Uitslag word nie aan ander personeel bekend gemaak nie.
  • Die hoofleiers, sal tydens die merietefunksie, na die bekendstelling van die nuwe leiers, aangewys word.

Soos geskryf deur Mnr A O Skeen (een van die eerste inwoners van Lyttelton)

Ons het die behoefte gevoel om ons eie skool in Lyttelton te hê aangesien ons kinders per trein na Irene of Pretoria moes reis om skool te gaan. Ons het gevoel dat die aantal kinders in die dorp dit regverdig. In opdrag van die NG Kerkraad (toe die Pretoria-Suid NG Gemeente) het ek begin om ‘n naamlys van al die kinders te maak. Ek het van huis tot huis, ook op Lyttelton kleinhoewes, Clubview en Waterkloof gegaan. Danksy mnr G Yssel en Mev van der Walt het ons die Onderwysdepartement van Onderwys genader. Die antwoord was dat indien ons oor ‘n geskikte gebou beskik ons voorstel oorweeg kon word. Mnr Yssel het ‘n gebou op ‘n erf in Krugerlaan omskep in twee klaskamers. Ons aansoek is in Desember 1947 met sukses bekroon. Ek het dadelik ‘n opname genaam vir voorrade en die meeste daarvan in Pretoria gaan haal. Ds W A Louw het ‘n groot rol gevul en is as tweede voorsitter van die skoolkomitee verkies.

Die NG kerksaal en die twee klaskamers (Yssel saaltjie) oorkant die spoor sou die kinders tydelik huisves. Mnr Yssel ‘n ‘n koerant laat aflewer by al die huise en op 21 Januarie 1948 het 168 Afrikaans en Engelssprekende leerlinge opgedaag. Die standerd 4 en 5 leerlinge het skoolgegaan in die voorportaal van die saal, die standerd 2 en 3 agter die verhoog en die grade in die saal. Waar die NG kerk Moedergemeente in Burgerlaan nou staan, was die speelgrond.

Mnr D J Malan is as die eerste hoof aangestel met 3 personeellede – mev H Malan, mev J Browne en mnr JG Wasserman. Twee weke later sluit mej Rowland, mnr HJ Fick en mnr AO Skeen by hulle aan.

Daar is dadelik begin om ‘n geskikte erf vir die nuwe skool te soek. Bouwerk aan die nuwe skoolgebou het op 21 Februarie 1951 begin. Op 2 Oktober 1951 word dele van die nuwe skoolgebou betrek. Die nuwe skool word amptelik in ontvangs geneem op 8 Oktober 1952. Op 25 – 28 Februarie 1953 vind die inwyding van die nuwe skool plaas met groot feesvieringe.

Op 12 Desember 1956 word die Engelsmedium leerlinge oorgeplaas na die nuwe Engelsemediumskool. Die naam van die skool was Lyttelton skool/school tot op 24 Oktober 1957 waarna die skool genoem word Laerskool Louis Leipoldt.

Die skoolsaal, vernoem na mnr D J Malan word op 21 November 1963 in gebruik geneem en die mev Malan doen die onthulling van die bronsplaat.

Mnr JF Naudé begin op 20 Januarie 1964 as nuwe permanente hoof. Die nuwe gradeklaskamers word op 20 Maart 1967 in gebruik geneem. Op 27 September 1967 word die skoollied, geskryf deur mnr Hoffman en getoonset deur mnr Olivier vir die eerste keer gehoor.

Die borsbeeld van Louis Leipoldt in die skoolsaal word op 28 September 1967 onthul deur die direkteur van onderwys, mnr A J Koen. Die borsbeeld is geskep deur J Steynberg.

Die pawiljoen is op 2 Februarie 1970 in gebruik geneem. Mnr WW de Vos word op 21 April 1977 die derde hoof van die skool. Die nuwe mediasentrum wat op 23 Oktober 1986 in gebruik geneem word, is vernoem na mnr WW de Vos.

Die reünie van die veertigste bestaansjaar van die skool word gehou op 30 April 1988.

Op 24 April 1990 word mnr D T du Plessis die vierde hoof.   Die rekenaarsentrum word na mnr du Plessis vernoem. Mnr TN Benade word in 2007 aangestel as hoof.

Mnr Ferreira neem vanaf 1 April 2015 waar as hoof tot 31 Desember 2015. Hy word op 1 Januarie 2016 aangestel as die sesde permanente hoof van die skool.

Die skool vier die sestigste bestaansjaar in 2008. Die skool het tans 1136 leerders en 75 onderwysers.

ONS LEUSE: ONS DIEN!

  1. ‘n Trotse Leipie kom nie laat by die skool aan nie.
  2. Binne die skoolgronde word nie met ‘n fiets/skaatsplank gery nie.
  3. Fietsryers klim voor die hek af en stoot hul fietse na die fietsloods.
  4. By ons skool is bakleiery (stamp, skop, slaan, stoeiery) taboe.
  5. Op die stoepe en in die gange mag ons nie hardloop, bondel of groepies maak, of balle bons of skree nie.
  6. Geen leerder mag in ‘n klaslokaal of saal, sonder ‘n onderwyser wees nie
    – behalwe met die uitdruklike toestemming van die klasonderwyser.
  7. Klasse moet netjies en skoon gehou word en daar mag nie op banke, mure of deure gekrap of geskryf word nie.
  8. Wanneer ons in klasverband stap, hetsy van of na die saal, klaskamer, Mediasentrum of elders heen, moet dit in netjiese geordende rye wees.
  9. Wanneer ons aantree, staan die leier voor en die hulpleier agter. Hulle help met die goeie orde van die klas.
  10. Indien ‘n klas die lokaal verlaat, is daar drie bevele en handelinge:
    (i) Pak weg         (ii) Staan             (iii) Stap
  11. Die afgebakende speelterrein is ons ontspanning – en kuierplek – nie die stoep, kleedkamers of vierkant nie!
  12. Gooi alle papiere, skille en blikke in die vullisblikke.
  13. Daar mag nie in blombeddings geloop word nie.
  14. Elke leerder moet meehelp om die kleedkamers netjies en sindelik te hou. Geen kos word in kleedkamers toegelaat nie. Moenie toiletpapier en water mors nie. Rapporteer probleme aan leiers en personeel aan diens. Draai krane behoorlik toe.
  15. Die eet van kougom, skiet met rekkies, blaaspypies en speel met skerp en gevaarlike voorwerpe is verbode. Geen “BB-guns” nie.
  16. Wees ‘n goeie beelddraer van jou skool. Daarom moet jy met trots die regte skooldrag dra en word jou hare volgens voorskrif gedra.
  17. Vuil taal, lelike praatjies en skinderstories verklap ‘n mens se binneste. Ons werk dit teë.
  18. Geen skaatsplanke of rolskaatse word op die skoolterrein toegelaat nie.
  19. Geen kind mag sonder die hoof se toestemming die skoolterrein gedurende skoolure verlaat nie.
  20. Stokkiesdraai is ‘n uiterse ernstige oortreding en verskonings vir afwesighede moet skriftelik of telefonies deur ouers gereël word.
  21. Van alle leerders word verwag om orals en altyd ‘n trotse beeld van die skool na buite te dra. Gedrag en optrede moet dus altyd onberispelik wees. Leerders wat skoolbyeenkomste of skoolfunksies as onder-steuners bywoon, moet te alle tye in volle skooldrag geklee wees.
  22. Hardwerkendheid en netheid is deugde wat altyd nagestreef moet word. Wie dit beoefen, is getrou aan sy/haar plig en roeping.

Laerskool Louis Leipoldt handhaaf Christelike beginsels in alle opsigte van opvoeding en akademiese onderrig by die skool. Aan die hand daarvan speel dissipline `n belangrike rol by die skool en word die beoefening en die regverdige toepassing daarvan as `n prioriteit beskou. Kinders moet veilig en geborge voel daarom moet daar `n funksionele dissipline stelsel wees om dit te waarborg. Akademiese onderrig is die hoofdoelwit van die skool en dit is slegs moontlik indien die leerlinge in `n leeromgewing onderrig word, wat dit toelaat. Elke onderwyser moet `n byderhandboek byhou. Om konsekwentheid en regverdigheid te bevorder moet dissipline konsekwent toegepas word binne sowel as buite die klaskamer.

Leerders kry negatiewe inskrywings vir oortredings in gedrag, akademie en algemeen. Elke negatiewe inskrywing word per sms ook aan die ouers deurgestuur. Vir elke 5 punte word ‘n brief met verslag aan die ouers deurgestuur. Na die 10de punt volg die tweede brief en weer na die 15 de punt. By die bereik van die 15 de punt moet die leerder detensie sit. Nadat die 20 ste punt bereik word, word die ouers gevra om die situasie met die skool se dissiplinêre komitee te kom bespreek, sodat ons saam ‘n oplossing kan kry. Geen negatiewe inskrywing sal gedoen word sonder drie waarskuwings deur die personeellid. Waar dit ‘n ernstige oortreding is sal die inskrywing (sms) dadelik gedoen word. Vir alle vakke kry die leerder onmiddelik ‘n inskrywing vir huiswerk nie gedoen nie. Oortredings word in vier kategorieё ingedeel en die straf word hiervolgens bepaal.