Ondersteuningsdienste

Ondersteuningsdienste                    Leipie Skatkis                    Leipie Omgee                    Nuttige Skakels                    Nuttige Inligting

Die volgende ondersteuningsdienste word tans aangebied:

Arbeidsterapie

Me Mariëtte Saayman 084 504 3497

Spraakterapie

Me Danita Meiring 082 376 1618

Spelterapie

Dr Helga Steyn 084 695 9252
Stuur asseblief ‘n WhatsApp om afspraak te maak

Berading

Me Suzanne Piater 012 664 5798/9
Reëlings tov berading word deur Mnr Opperman getref by dpi@louisleipoldt.co.za

fisioterapie

Corli Fowler 0832825570

Leipie Ondersteuningsdienste, ‘n maatskappy sonder winsoogmerk wat geregistreer is in Oktober 2021, is ‘n omgee-inisiatief deur Laerskool Louis Leipoldt se Beheerliggaam en Skoolbestuur.

Die hoofdoelstelling en hoofbesigheid van Leipie Ondersteuningsdienste is die verskaffing van opvoedkundige en remediërende ondersteuningsdienste aan Laerskool Louis Leipoldt asook die omliggende omgewing. Ter bereiking hiervan, is die fokus om die toekoms van onderwys in Laerskool Louis Leipoldt te verseker en op dringende, innoverende, roepingsgedrewe en kreatiewe maniere uit te bou. Die doelstelling van Leipie Ondersteuningsdienste is om onderwys ondersteunende aktiwiteite op ʼn nie-winsgewende grondslag en met altruïstiese of filantropiese bedoeling, te onderneem. Die ondersteuning en welstand bevordering van behoeftige leerders sal ondermeer die volgende dienste insluit:

  1. Berading
  2. Spraakterapie
  3. Spelterapie
  4. Arbeidsterapie
  5. Fisioterapie

Leipie Ondersteuningsdienste erken sy rol in en interafhanklikheid aan die skool ten einde sy doelstellings te bereik, en sal gevolglik sorg dra om te verseker dat enige optrede streng geskied in ooreenstemming met en ter bevordering van die doelwitte van die skool. As sodanig funksioneer die Leipie Ondersteuningsdienste vanuit die grondslag om ‘n toekoms van voorspoed vir die skool te skep.

Ten einde sy doelstelling te bereik, poog Leipie Ondersteuningsdienste om:

  1. Fondswerwing te sentraliseer ten einde alle fondse optimaal aan te wend tot voordeel en bevordering van die doelwitte van die skool, en ‘n volhoubare toekoms te verseker, en
  2. Remediërende ondersteuningsdienste aan die skool, en sy gemeenskap, te bied ten einde ‘n daadwerklike positiewe bydrae te lewer tot die skoolgemeenskap.

Leipie Ondersteuningsdienste het ook spesiale belastingkwytskelding vanaf die Suid-Afrikaanse inkomstediens verkry in terme van artikel 10(1)(cN) van die Belastingwet, ten einde Artikel 18A sertifikate te kan uitreik vir enige donasies wat ontvang word.

Enige navrae of korrespondensie aan Leipie Ondersteuningsdienste kan gestuur word aan: bestuur@leipiedienste.co.za

Rek naam:
Leipie ondersteuningsdienste NPC
FNB
Takkode 252145
Rek nr: 62928009382

Dinsdae, Woensdae en Donderdae middae
13:50-14:20
Parklaan 126
Reg oorkant die skool se hek by rugbyveld

Kontakpersoon: Mev M Castelyn mariette@louisleipoldt.co.za en
Mev C Barnard charmaine@louisleipoldt.co.za

Die Leipie Omgee is ‘n inisiatief wat al 19 jaar bestaan.  Gesinne in nood word ondersteun met maandelikse kospakke, skryfbehoeftes, skoolklere, toerfooie en -benodigdhede en terapie soos die behoeftes deur die Omgeespan bepaal word.

Leerders kry die geleentheid om deel te hê hierin en die Leipie koskombuis aan te vul.  Ander projekte, soos nood bepaal word, word ook bestuur en bedryf om gesinne in nood se las te verlig.

Vir navrae kontak asb Mev C Barnard by charmaine@louisleipoldt.co.za

 

Gesonde Kosblikke

Kinderbeskerming

Boelie Gedrag

Die belangrikheid van reëls

Goeie vriendskappe

Vriende

Leierseienskappe

Rol van die berader, sielkundige, psigiater

Kuberboelie