012 664 5798/9 admin@louisleipoldt.co.za

Welkom in Leipieland.

As ons ons oë uitvee, is ons spruite al in die grootskool. Leipieland is ‘n gemaklike en veilige plek waar kinders nog kan speel, hulle verbeelding gebruik, maats maak, kunswerkies doen en holisties ontwikkel teen hulle eie pas.

Gelukkige en gesonde kinders hardloop, speel en klouter die pad na ‘n gereedheid vir Graad 1. Gekwalifiseerde onderwyseresse maak elke dag ‘n spesiale dag in die die Graad R klas deur kreatiewe en opvoedkundige aktiwiteite voor te berei. ‘n Leerdergesentreerde program word gevolg soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys .

Met twee fietsiebane, sandputte en klimrame hou die pret nooit op nie. Klaskamers het opvoedkundige hoekies waar verbeelding en probleemoplossing geprikkel word deur gerigte aktiwiteite.

‘n Ouma- en Oupadag, uitstappie na die plaas toe, ‘n konsert en gradeplegtigheid en ‘n paaseierskattejag is van ons talle tradisies in Leipieland.

Kom en word deel van ons towerland.

Dit is ‘n fees om ‘n Leipie te wees!

Lelani Louw

Lelani Louw

Gr R Z (Graadhoof)

Buitemuurse aktiwiteite: Netbal, sagtebal, atletiek
Belangstellings: Sport, scrapbooking en Crossfit
Brokkie interessante inligting: Ek doen graag die Warrior Races.

Gr RZ
Besieklas

Sarie van der Merwe

Sarie van der Merwe

Gr R U

Buitemuurse Aktiwiteite: Atletiek, Netbal & Tennis

Belangstellings: Kunste, Skilder, Geskiedenis

Brokkie interessante inligting: Ek is pas getroud!

Gr RY

Krappieklas

Chanelle Rall

Chanelle Rall

Gr R V

Buitemuurse Aktiwiteite: Atletiek, netbal
Belangstellings: Reis, tyd spandeer met vriende en familie
Brokkie interessante inligting: Ek is gekwalifiseerd as ‘n Menslike Bestuurder.

Gr RV
Voëltjieklas

Chanel van Niekerk

Chanel van Niekerk

Gr R W

Buitemuurse aktiwiteite: Atletiek, netbal, tennis
Belangstellings: Dans
Brokkie interessante inligting: Ek is ‘n gekwalifiseerde akrobaatinstrukteur.

Gr RW
Uiltjieklas

Pascal Pistorius-Taylor

Pascal Pistorius-Taylor

Gr R X

Buitemuurse aktiwiteite: Netbal, sagtebal, atletiek
Belangstellings: Reis, sport en interessante nuwe navorsing
Brokkie interessante inligting: Ek is pas getroud!

Gr RX
Hasieklas

Monè Coetzee

Monè Coetzee

Gr R Y

Buitemuurse aktiwiteite: Netbal
Belangstellings:
Brokkie interessante inligting: Ek is bang vir visse en hansworse!

Bytjieklas

Mariska Agrella

Mariska Agrella

Interne Gr R Z

Buitemuurse aktiwiteite: Netbal
Voorheen gewerk/plek van studie:
  Aros
Belangstellings/ Stokperdjies: Karre, Honde en om suduko te speel

Belangrike Datums

Atletiek – 24 Maart 2018
Ouma & Oupadag – 20 April 2018

Vakansie-idees

 

Leipielandhempies

Beskikbaar by Leipie Hypie, h/v Langebrink en Burgerlaan.

Besigheidsure:
Maandae – Donderdae vanaf 13:30-17:30
Navrae: Berthie v Genderen – 073 147 5705

Kontak Besonderhede

Straatadres: h/v Langebrink en Pretoriuslaan, Lyttelton, 0157
Telefoonnommer: 012 664-5798 / 9
Faksnommer: 012 664-2155
Epos Adres: admin@louisleipoldt.co.za

Kontak Ons

Skool tye

Maandae tot Vrydae 07:30 – 13:00

Wagklas elke dag tot 13:40
slegs vir Leipielanders met boeties of sussies in die skool.
Leerders kan al van 07:00 aankom.