Woema Wurms

Prestasies

Gr 2 Dogter Zan’e Cloete 2Z

Gr2 Seuns Wiann Gous 2Y

Gr3 Dogter Luch’e Steyn 3V

Gr3 Seuns Josua Markram 3X

Uitnodiging

Vir: Woema Wurms Lees Klub
Begin: 3 Maart 2015
Inskrywingsvorms word 17 Februarie uitgegee.
Wie: Alle graad 2 en 3 maatjies
Wanneer: Dinsdae en Donderdae
13:00 tot 13:30 (Wagklastyd)
Waar: In die klein skoolsaal
Kostes: R50.00 per jaar
R25.00 as kind in Julie maand inskryf
(Ons gebruik die geld vir boekpryse en ander pryse tydens pretdae bv. Skattejag.)
Wat doen ek: Vul die inskrywingsvorm in en kom meld aan by die Woema Wurms.

Vir enige navrae skakel gerus vir Zelda Skea by 082 838 2688.

 


Wat leer/doen ons by die Woema Wurms Leesklub?

Om te lees is baie lekker en dit maak jou BAIE SLIM!
Ons is lief vir boeke, want boeke bring vir ons die mooiste stories.
Boeke moet opgepas en gerespekteer word, want iemand anders wil ook nog die boek lees.
Ons skryf al die boeke wat ons gelees het op ‘n lysie en wys dit gereeld vir ons klasjuffrou.
Ons leer uit boeke dat: “Pop corn” = springmielies, “Trampoline” = Wipmat en “Sellotape” = Kleefband is.

HELP

Ons is op soek na mamma’s en ouma’s wat kan help by die Woema Wurms (Sien onder aan die inskrywings vorms asb.) Ons deel die kinders in groepe van so 5 tot 10 kinders in.