28 September – Verjaardag van die Voortrekkers
18 September – Voortrekkers – formele drag

img_0233  vtimg_7127

Spesialisasies Maart

Polsslag Volkspele Uitnodiging

Voortrekkers VRUGTEFEES 2016 Foto’s

voortrekkers16 voortrekkers17

Uitnodiging konsentrasie kamp

5 Mei 2015

Voortrekkers

Geagte ouers

Neem asb kennis dat die Polsslag kommando se kentekens wat gedurende die skoolvakansie verwerf is, op Maandag 11 Mei tydens ‘n saalopening by die skool, uitgedeel gaan word. Alle Voortrekkers moet Maandag 11 Mei hulle Voortrekkerdrag aantrek, ongeag of hulle ‘n kenteken verwerf het. Offisiere wie se werksverpligtinge dit toelaat, sal die funksie bywoon. Die uitdeel van die kentekens neem hierdie jaar ‘n nuwe vorm aan sodat die toekennings meer erkenning kan kry aangesien die Voortrekkers een van die kultuuraktiwiteite van die skool is.

Die skakel van die Voortrekkers op die skool se webblad word tans opdateer. Maandag 11 Mei sal daar foto’s geneem word van al die Voortrekkers en ook van die leerders wat kentekens ontvang. Hierdie foto’s sal gebruik word vir die webblad. Ouers en Voortrekkeroffisiere is welkom om Voortrekkernuus en foto’s te stuur aan bemarking@louisleipoldt.co.za.

Vriendelike groete

 

Me A Snyman                             Mev A van Rensburg                                  Mnr P Ferreira
Kultuurhoof                                     Koördineerder                                                     Waarnemende hoof


 

Voortrekker Kampe

Die afgelope skoolvakansie het van die Voortrekkers se Penkoppe en drawwertjies  nie met Jan tuisbly se karretjie gery nie, al was mamma-hulle nie saam nie.  Hulle het gaan kamp terwyl hul ouers tuis die fort gehou het.

Alleen?  Natuurlik die kinders het ook ‘n ruskansie van mamma en pappa nodig.

Hierdie Voortrekkers leer sommer gou-gou van jou eie bordesak saamneem, gewapen met jou mes, vurk, lepel, bord, bakkie, beker en natuurlike ‘n sponsie en ‘n vadoek.  Ja, soms soek  hulle die bordesakke … van hulle vergeet dit in die boom;  maar wie sal nou kyk, as jou maatjie nie kan eet nie – ons leer ook om te deel.

Jakaranda  en Hoëveld PD kampe is gehou te Hartebeesfontein, 50 km van hieraf, die kampe was vanaf 25 Maart tot  29 Maart en 8 April tot 12 April.

Sentrale waterwerk kampe (SPDW) is ‘n hele 5 dae kamp en net soos by die ander kampe word hier ook kamppartytjie gehou.  Dan is daar ook ‘n drukkiedag, waar jy wakker word met ‘n hartjie op jou wang.  Dit is vakansietyd by die Vaaldam.  Dit is so 1 uur 30 minuyte se ry.   Glo my, jy gaan roei, in die dam swem, motorboot ry, krappe soek en …  kom kykself.

Na so kamp babbel-en-borrel die kinders, ma se ore spits om alles op te vang.  Daar is soveel om te vertel.

Die velde waarin  die Leipies speel-speel geleer en kennis op gedoen het is

Gr 4. Vasbyt.  Hierdie outjies word gekeur –  so hulle moet uithouvermoë hê wat skrik vir niks!

Gr 5. Weerkennis is deur die

Flaminke en Luiperds gedoen.

Gr 7.  Medemens

SPDW kamp.

Die Gr 6. dit is mos die Meerkatte;  of ek dink meerhonde, want katte hou mos nie van water nie.

Hulle het redding en varswater hengel gedoen.

As jy uitgemis het moet nie moedeloos raak nie, daar is nog kampe.  Word deel van die Voortrekkers  en kom kamp saam, die volgende Kamp is 27 Junie tot 2 Julie by die see, by Swartvlei in die Kaap.

Glo my, by ‘n Voortrekkerkamp word jy bederf, met heerlike kos, koekies en beskuit, vrugte en koeldrank, tee en koffie, daar is ook poeding en verjaarsdagkoek, en moet nie van die Milo voor slaaptyd vergeet nie.

LL wat die afgelope vakansie saam die Vories gekamp het.

Volg asb. die volgende skakel en deel dit asb. op u facebook, nuusbriewe en met enige iemand wat trots Afrikaans leef: https://www.youtube.com/watch?v=GvTgkY7J6Ls

Hou Koers 2015 Uitgawe 1


Liewe ouers

Dit is met trots dat Polsslag Voortrekkerkommando kan aankondig dat on kommandoleier, Danie Langner die naweek tydens die nasionale Voortrekker kongres aangewys is as die nuwe Hoofleier van die Voortrekkers. Dit is voorwaar ‘n voorreg om te weet dat die nuwe Hoofleier van die Voortrekkers uit ons geledere kom.

Danie se  Voortrekkerloopbaan het reeds in Graad 2 as Penkop in die Olifantspan van Doringkloof Voortrekkerkommando begin. Hy was ook ‘n Verkenner en in Gr 11 ‘n offisier in die destydse Verwoerdburg, nou Polsslagkommando ,

Danie het in 2009 weer by ons aangesluit as spanoffisier en is sedert 2010 ons  Kommandoleier.

Ons wens Danie baie geluk en ons glo dat die Voortrekkerbeweging onder sy leiding van krag tot krag sal gaan.

Hou Koers
Polsslag dagbestuur


http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Trek-gevier-met-bielie-brood-20130304


Kyknet het ons kommando se inlywing kom verfilm met die oog op ‘n program wat handel oor Afrikaanse gemeenskappe: Kyk wat maak ons nou. Die program sal iewers volgende jaar oor Kyknet uitgesaai word. Dit moet nog hier en daar geredigeer word en Chris Chameleon se kommentaar moet nog bygevoeg word.

Hier is die skakel: http://youtu.be/BMkYCR4Iv94


Polsslag Kommando – Kommandoleier: Piet Lotter

Tel nr om te kontak:

Amanda Lotter – 082 495 0446
Ettiene Pienaar – 082 788 9139


Die Voortrekkers:  80 Jaar Feesvieringe
(deur Lizbé Esterhuizen)

Vanaf 3 September 2011 skop die Voortrekkers sy 80 Jaar Feesvieringe en af met ’n golf van feestelike openingseremonies en fakkelloop wat dan beweeg tot in Pretoria.  Op 15 September 2011 bied die Hoofbestuur ’n gala-aand aan by die Voortrekkermonument.  Verskeie aktiwiteite gaan die aand plaasvind soos byvoorbeeld die vertoning van Danette Smith se dansgroep.  Erkenning sal ook gegee word aan mense en ondernemings wat Die Voortrekkers die afgelope 80 jaar ondersteun het en ’n bydrae gelewer het tot moderne Afrikanerskap, positiewe Burgerskap en konsekwente Christenskap.

Polsslag Kommando hou hul jaarlikse Kommandokamp op 16 & 17 September 2011 by Die Smuts-terrein te Irene.  Die Polsslag Voortrekkers gaan hul eie skuilings bou en Vrydagaand onder die sterre slaap. Vooraf word ’n nagparade gehou.  Saterdag word verskeie Voortrekkerwerk gedoen soos vlae en paradewerk asook kodes en beloftes.  Hul gaan ook die Smuts-huisbesoek om hul geskiedeniskennis opknap.  Elkeen gaan die geleentheid kry om sy eie fakkel te maak en te dra na die Irene Oval vroeg Sterdagaand waar die inwyding van die Oval Monument en die inlywing van die nuwe Polsslag Voortrekkers gaan plaasvind.  Hulle is bevoorreg dat hul Hoofleier, Prof. Piet Strauss hul gaan inlyf.

Iets meer oor die Oval:  Die Irene Oval het sy oorsprong in die Konsentrasiekamp wat tydens die Anglo Boere Oorlog in Irene opgerig is.  In die somer van 1901 het die Superintendent van die kamp, Alexander Bruce, die sportterrein in die middel van die kamp aangele om die gemoedere van die inwoners op te bou,  Die Oval is nog steeds op presies dieselfde plek as waar hy oorspronklik uitgele is.  Die Oval Monument word opgerig as deel van Polsslag Kommando se 80 Jaar Feesvieringe, in samewerking met Die Erfenisvereniging van Centurion.  Na die inwyding en inlywing gaan die hulle, soos die kampkinders van ouds, boeresport hou op die Oval.  Vir meer inligting, skakel gerus Polsslag se Kommandoleier:  Dr. Danie Langner by 084 257-9164 of danie@helpendehand.co.za.


Die Voortrekkers
Hallo Lizbé Esterhuizen
KENNISGEWING 2011/11/23
GELOFTEDIENS 2011

Geloftediens op 16 Desember 2011 by die Voortrekkermonument.

Ons benodig so veel as moontlik Voortrekkers in formele drag, volwasse sowel as jeuglede, om diens te lewer by die Voortrekkermonument met aaanwys van sitplekke, uitdeel van programme en water asook opneem van kollekte. Voortrekkers moet asseblief vanaf 6:45 daar wees om alles gereed te kry. Die hekke sal nog gesluit wees vir die publiek maar Voortrekkers in Voortrekkerdrag sal deurgelaat word. Ons kry mekaar in die Voortrekkermonument se heldesaal.

Kontak asseblief vir Dr Lukas de Kock indien jy beskikbaar is:  lukas@lantic.net of sel nr 083 302 4409 of spreekkamer 012 993 2044/5.

Kyk sommer ook na die mooi artikel oor die Voortrekkermonument wat op die webblad geplaas is  http://www.voortrekkers.org.za/SonderSeëls-November2011.pdf

Voortrekkergroete

Sinta Robbertse
Hoofkantoor

Die Irene Oval Monument

Die verskroeide aarde beleid van Lord Kitchener tydens die Anglo-Boere oorlog het veroorsaak dat meer as honderduisend vroue en kinders dakloos gelaat is, en die winter van 1901 in tente in die veld moes deurbring. Een van die kampe was in Irene, en  dit het baie sleg gegaan in die kamp.

Kos was nooit genoeg nie, en niemand was voorbereid vir een van die koudste hoeveld winters nie. Boonop het dit die winter nogal baie gereen. Brandhout was skaars. Noodsaaklike items soos kerse, seep en komberse kon net verkry word indien die enigste doktor in die kamp vir jou ‘n mediese voorskrif gegee het daarvoor.

Ondervoeding en wanvoeding het elkeen geraak, en meer as 1000 kinders sterf weens honger en siektes in Irene in 1901.

Teen die einde van die jaar het die vroue se versoek om liewer ‘n Engelsman as een “Engelsgezinde Afrikaner” as kommandant te he, waar geword. Lt Alexander Bruce was die bevelvoerder van die Royal Yeomanry Field Hospital, wat op daardie stadium van die oorlog toegemaak is, en hy is toe aangestel as kommandant van die Irene kamp. Baie vinnig het hy die omvang van die probleme in die konsentrasiekamp besef, en dit probeer regmaak.

Hy het, soos Emily Hobhouse, uit sy pad gegaan om die mense in die kamp te help. Hy het beddens laat maak dat hulle nie meer op die grond slaap nie. Hy het komberse uitgedeel en badkamers gebou waar die vroue vir die eerste keer in ‘n jaar met warm water kon bad. Hy het nuwe kombuise gebou met drie hollandse oonde. In sy eie woorde, het hy die kamp soos ‘n groot hospitaal gesien. Hy het Irene binne 6 weke omskep in ‘n model kamp.

Vanuit sy mediese agtergrond, het hy ook die mediese uitdagings aangespreek, ‘n nuwe hospitaal van stene gebou om die tent hospitaal te vervang, en die nuwe hospitaal het selfs ‘n kraamsaal gehad. Onder sy bevel het die sterfesyfer afgekom van meer as 100 per maand na minder as 5 per maand.

Een van die dinge wat hy gedoen het, was om ‘n sportterein in die middel van die kamp uit te le. Sy doel was om die mense bietjie uit hulle tente te kry, en aktief te word.  ‘n Krieketblad is gebou en die eerste wedstryd is op 19 November 1901 gespeel, op die verjaarsdag van die Koning van Engeland, Edward VII. Die Oval was vir die kampinwoners die simbool van ‘n nuwe tyd wat dinge begin beter gaan het.

Die sportveld is nog vandag presies waar dit was. As deel van die Voortrekkers se 80-jarige vieringe het hulle besluit om erfenisterreine te identifiseer en op te knap. In samewerking met die Erfenisvereniging van Centurion, is ‘n monument gebou op die terrein juis om hierdie verhaal te vertel.

Die onthulling van die monument is gedoen op Saterdag 17 September 2011 deur die Hoofleier van die Voortrekkers Prof Piet Strauss en Jenny Lea, ‘n agter-kleindogter van Lt Alexander Bruce. Sy het spesiaal uit Engeland na Suid-Afrika gekom vir die geleentheid.

In die foto is Dané Joubert en Jaques Lötter, Jeugleiers van die Polsslag Voortrekkerkommando, en Jenny Lea, agterkleindogter van Lt Alexander Bruce.


Eerste Voortrekkerkommando is gestig deur Mnr Malan (eerste hoof van die  skool  ) Jan Cilliers Kommando Mev M Malan met haar span. Wessel van Wyk links voor
Mev Tiny Hattingh met haar dogterspan  
Voortrekkeruniforms het oor die jare baie verander. Voortrekkeruniforms het oor die jare baie verander.
 
  Die Voortrekkers bied lekker aktiwiteite aan.
Snaphane Span – A Snyman en A van Rensburg 1982 Snaphane Span – A Snyman en A van Rensburg 1982