Neem asb kennis van die verbeteringe wat deur die inisiatief van die beheerliggaam aan die skoolgeboue en  terrein aangebring is.  Skadunet afdakke by die tennisbane, die lapa is vergroot en die dak nuut gedek.  Die Gr R terrein is vergroot deurdat die palisade verskuif en nuwe hekke aangebring is.  Die looparea van die Gr 2 & 3 klasse na die saal het ‘n dak gekry sodat leerders droogvoets kan beweeg in geval van reën.  Die kleedkamers by die rugbyveld is opgeknap.  Baie dankie aan die lede van die bouspan van die beheerliggaam vir al die netjiese werk wat gedoen is.