Ouers moet asb. seker maak dat leerders die pad oorsteek by die twee voetganger oorgange in Pretoriuslaan en Langebrinckweg regoor die hekke.  Ouers wat leerders aan die oorkant van die pad aflaai moet toesien dat leerders by die oorgang oorgaan en nie oor die pad hardloop nie.  Leerders moet verkieslik aan die kant van die pad afgelaai word waar die hek is.  Daar was op 26 Nov. amper 'n ernstige voorval waar 'n leerder teen 'n motor vasgehardloop het.  'n Motor bestuurder verwag nie kinders wat die pad kruis op 'n nader plek as die oorgang nie.  Wees asb. bedagsaam teenoor ander bestuurders en waarsku  asb. kinders om slegs die voetgangers oorgang te gebruik.