Elmarie en Reinhard Koen (Gr 7) het ‘n mylpaal bereik deur 50 Parkruns te voltooi.  Dit is gelykstaande aan 250km.  Hulle het dit bereik oor net meer as ‘n jaar wat beteken dat hulle elke Saterdag deelgeneem het met uitsondering van ‘n paar Saterdae wat hulle ander aktiwiteite gehad het.

Vir diegene wat nie weet nie is dat die Parkruns elke Saterdag aangebied word en dit is ‘n roete van 5km.  As jy geregistreer het by Parkruns word jou tyd, plek, persoonlike beste en verskillende plekke waar jy deelgeneem het op ‘n databasis geplaas.