Ellen-Raé Bester in graad 7 het in Oktober deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Dans Kampioenskappe.  Tydens die geleentheid het sy die volgende prestasies behaal:

Sy behaal Internasional SA Kampioenskap Kleure in Moderne Dans, Acro Dans en Kontemporêre Dans.
Sy haal die SA span wat Suid-Afrika in 2021 gaan verteenwoording in die “Europe World Dance Championships” in Spanje, en die “Namibian Dance Championships”.
Sy haal ook die Diamand SA span, dis ‘n prestige span van dansers wat meer as 90% behaal in hulle solo danse.
Sy kry ook die toekening vir die hoogste punte behaal in die afdeling vir Moderne Solo uitvoering van die kampioenskappe.