Baie dankie aan almal vir al die wonderlike bydraes om 'n sukses te maak van die Omgeeweek.

Maandag, 4 Augustus: Lyttelton Diere Beskermings Vereniging: maats bring honde- en katte kos.

Dinsdag,  5 Augustus: Leipie Omgee projek en Huis van Veilige Bewaring: maats bring van die volgende produkte: 750ml kookolie, 400gr grondboontjiebotter, blikkies gebakte bone, 450gr Weetbix, 700ml tamatiesous, 2,5kg suiker, 2kg rys,  langlewe melk, 750ml veeldoelige huishoudelike reiniger, 750ml skottelgoed wasseep, Smash en 2min noodles .

Woensdag, 6 Augustus: Munt- en nootlegging – yippie, kleinboet en kleinsus kan hul spaarvarkies leegmaak en al hul kleingeld en pappa en mamma se note saambring. Die geld wat ons inkry word verdeel tussen die instansies wat die jaar gaan baatvind.

Donderdag, 7 Augustus: Lyttelton (Senior Burger) Dienssentrum: Dove seep, 100ml tandepasta, 500ml Aquas room, Goya of ander lekkerruik lyfpoeier en lekker sagte lekkers. Vir die oulike mamma’s wat graag brei of hekel ons wil so graag elke ouma by die Dienssentrum bederf met ‘n mooi kleurvolle serp.

Vrydag, 8 Augustus: Maats bring lekker leesboeke wat die kaste volmaak by die huis,  ten bate van die kleuterskole en naskole in ons omgewing. Ons bring ook skryfbehoeftes vir ons Leipie Omgee maats.