RYK IN HERINNERING… RYK IN ONTHOU MUSIEKBLYSPEL

Goeie dag Leipie Ouers

Dit is vir die Gr 4 ouers so ‘n groot voorreg om as deel van ons Gr 4 Suid-Kaap toer fondsinsamelings inisiatiewe tydens die Leipie Musiekblyspel vir julle ‘n diens te kan lewer ten opsigte van wegneemetes wat jul kinders sommer vinnig by die skool kan nuttig voor die musiekblyspel begin. Ons weet al te goed die druk op ouers om na werk te jaag om die kinders reg te kry vir die musiekblyspel en dan boonop hul betyds by die skool uit te kry, “gekam-en-geskrop-en-geëet”.

So hier is julle kans om nie net vir julle kinders nie, maar ook sommer vir die hele gesin ‘n ete te kan bestel. Ons het regtig gepoog om die etes “bekostigbaar” te hou so ondersteun groot asseblief die inisiatief en bestel ‘n ete vir u kind teen slegs R25-00!

Julle is welkom om die vorm te voltooi en so gou moontlik terug te stuur skool toe, maar die beste sal regtig wees om dit sommer aanlyn te voltooi. Besoek gerus die skool se webwerf en kliek op die Musiekblyspel Etes bestelvorm. Die gerief is dat al die geld in die skool se rekening inbetaal word teen die gesin se nommer met verwysing MusiekEtes. Sodra ons die elektroniese betaling ontvang het sal ons dan sorg dat die bestelling geplaas word. Neem asseblief kennis dat alle bestellings en betalings teen die 10de September 2018 moet geskied. U sal ook ‘n epos bevestiging ontvang van die bestelling. Sou u nie een kry nie, volg dit groot asseblief op met Ronel Grundlingh wat die bestellings vir ons gaan koördineer deur vir haar ‘n e-pos te stuur by ronelgrundlingh@gmail.com of skakel haar gerus by 0832590035.

Ons sien regtig daarna uit om u bestelling so vinnig as moontlik te ontvang. Onthou groot asseblief ook om ‘n ekstra geldjie saam te bring wanneer u die vertoning bywoon aangesien ons ook versnaperinge daar sal verkoop!

Mag Ryk in herinnering… Ryk in Onthou u altyd bybly vir die verskil wat u ook in die Gr4 Leipie maters se lewens gemaak het!

Gr 4 Leipie maters seënwense

Musiekblyspel Etes Bestelvorm

Leerling 1

SubTotaal:

Leerling 2

SubTotaal:


Leerling 3

SubTotaal:

Leerling 4

SubTotaal:


Leerling 5

SubTotaal:

OUERBESTELLING (die bestelling sal van toepassing wees vir ouers wat ook graag die wegneemetes wil bestel en moet asseblief apart aangedui word)

SubTotaal:

Totaal:

Skool Bankbesonderhede
ABSA Lyttelton – Tjekrekening
Rek No: 600510118 Takkode: 632005
Verwysing: Familiekode met verwysing MusiekEtes

Betaal asb die totale bedrag in die skool se rekening en stuur bewys van betaling aan ronelgrundlingh@gmail.com