Die proses wat in die tweede kwartaal begin het om ‘n nuwe hoof aan te wys, is afgehandel op 8 Desember toe Dr Jurina Human aan die personeel, voorsitter van die beheerliggaam en ander beheerliggaamslede wat teenwoordig was, bekend gemaak het dat Mnr Pieter Ferreira as hoof van Louis Leipoldt aangewys is. Die personeel het op 9 Desember ‘n klein funksie gehou om mnr Ferreira geluk en voorspoed toe te wens.