Prestasies:  Simone Calitz gekroon as Mej Centurion en mej Fotogenies in Junior skole kategorie.
Kompetisie was ten bate van matriekrokke vir minderbevoorregte dogters in Centurion.

Simone Calitz het deelgeneem aan die “Miss Centurion Schools kompetisie”

Die fondse wat die kompetisie insamel gaan alles vir matriekafskeidrokke vir minderbevoorregte dogters in Centurion.

Simoné is in die vakansie gekeur vir deelname en toe by die semi-finaal wat op 11 April gehou was by Centruion Lake Hotel is die 50 meisies (van ouderdom 7 – 18) beoordeel deur 4 professionele beoordelaars onder ander Dennis Lloyd die ontwerper.

Op 16 Mei word die finaal by Atterbury Teater gehou vanaf 17:00.  .  Dit sal wonderlik wees as van die Leipies kan bywoon vir ondersteuning. Kaartjies beskikbaar die skoolkantoor.