Kliek “Lees meer” om die video te kyk.

Fotos –

Laerskool Louis Leipoldt Interkerklike

Lofprysingsaand

met

STEPHAN JOUBERT

Saterdag 30 Augustus
17:30 vir 18:00

Bring:  Eie stoele, eie piekniekmandjie

* Lofprysing, Kerse
* God se droom vir my
* Gebedsketting (mense)
* op die skool se Rugbyveld
* Kontak Ansebè by 012-6645798 vir navrae

Veilige parkering beskikbaar
Kom geniet ‘n aand van dankbare getuiging en samesyn !


Interkerklike Lofprysingsaand – 30 Augustus 2014

Prof. Stephan Joubert

Ons is bevoorreg om Prof. Stephan Joubert as spreker te hê tydens ons lofprysingsaand.  Sy Geestelike kennis en ervarings is ongelooflik en hy kom dit met ons deel in die tema:  Wat is God se droom vir my en jou?

U as ouers, u kinders en familielede word hartlik uitgenooi om die lofprysingsgeleentheid op ons skool se rugbyveld te kom bywoon, waar ons die Here se naam groot maak, lof  te besing en te prys.

Daar is iets vir almal, van klein tot groot, van jonk tot oud.  Ons begin 17:30 vir 18:00 en sal so teen 20:00 klaar wees.  Bring saam stoele, kussings, komberse asook ʼn piekniekmandjie en kom geniet die aand gratis saam met ons.

Hoërskool Centurion skakel by ons in met hul TIX-groep, so ook verskeie kerke in ons omgewing en gemeenskap. Ons het ʼn lewendige orkes en voorsangers wat ons lofsang gaan begelei.  Konkas met vuur, lanterns en liggies gaan die atmosfeer geestelik maak en vir u ʼn lus gee om deel te wees van die wonderlike geleentheid.

As daar ouers is wat ons kan help met die leen van konkas en ook ʼn kragopwekker, sal ons graag spoedig van u wil hoor.

Ruk op in al u glorie en kom deel en geniet ons LOFPRYSINGSAAND.

Sien u daar!

Laerskool Louis Leipoldt
Lofprysingsspan