Die FAK se Afrikaans-Ekspo het hierdie jaar teken- en skilderkuns, poësie, opstelle, resensies, kortverhale dagboekinskrywings en fotografie ingesluit met #musiek as die oorhoofse tema. Vier van ons #Leipies, Carli Griesel (Graad 2), Ruben Griesel (Graad 4), Meri Langner (Graad 6) en Duané Langner (Graad 4) het in verskillende afdelings deelgeneem en altesaam drie goue, vyf silwer en een brons sertifikaat ontvang. Carli se harde werk om vyf verskillende gedigte te skryf is beloon met die toekenning as die algehele wenner van die Graad 2 Poësie-afdeling terwyl Duané se foto met die titel “Liefde vir musiek” die Fotografie-afdeling gewen het.