Leipie Omgee
Leipie Omgee Facebook – kliek hier
Kliek op prent vir meer nuus!
Bank besonderhede vir inbetalings:
ABSA Lyttelton – Tjekrekening
Rek No: 600510118 Takkode: 632005
Verwysing: LEIPIE OMGEE
Tekkie Tax 2018
Baie dankie aan al die Leipies wat die Tekkie Tax Dag ondesteun het.
Simoné Calitz het dit as een van haar liefdadigheidsprojekte as Miss Pre-Teen SA Universal gedoen in samewerking met die Laerskool Louis Leipoldt.
Louis Leipoldt se syfers was as volg:
R1670 se plakkers verkoop (167 plakkers @ R10 elk)
R2520 se veterpakkies (72 veterstelle @ R35 elk)
Totaal ingesamel : R4190 !!!

LofLeipies / KIX Klub

Bidtyd

Hemelvaart
Geen sportafrigting om hierdie dag.
Kort boodskap word in saal vir leerlinge aangebied.
Uitreikprojekte
DBV Besoek
Vrydag 7 Augustus het die DBV die graad 1 leerlinge vir hulle jaarlikse instappie besoek.
Tannie Jenny het mooi aan die leerlinge verduidelik om hulle troeteldiere te versorg en wat gebeur wanneer diere verwaarloos word.
Die DBV het baie hulp nodig omdat daar baie diere is wat verwaarloos word en nie goeie huise kry en mense wat vir hulle kan sorg nie.
Baie dankie vir al die skenkings van komberse, speelgoed, kos en lekker happies. Ons dierevriende waardeer dit baie.

8 Mei – Afrikaans 90 jaar
Baie dankie aan ouers en leerlinge wat boeke gebring het. Me Lindi Strydom het die boeke namens Laerskool Louis Leipoldt oorhandig as deel van ons Omgeeprojek en het Louis Leipoldt as digter en skrywer gehuldig.