Leipie Omgee nooi jou hartlik uit vir ‘n lekker (vroeë) koppie koffie, kuier- en koppe-bymekaar-sit-geleentheid op 11 Februarie 2015 by die pragtige Forever Hotel in Basdenlaan, Centurion.  Kom droom saam oor hoe ons die gemeenskap, wat God aan ons toevertrou het, tot groter seën kan wees!  Ons begin om 07:00 vir 07:30 tot 08:30.  RSVP asseblief by Hanlie Kotze by info@leipieomgee.co.za of 079 660 7767 voor 9 Februarie.