Simoné Calitz (Graad 4 W)  gaan Saterdag 31 Oktober Heneka Haven kinderhuis besoek in Elarduspark as deel van haar Omgee projekte as Mej. Centurion Schools Petite. Die kinderhuis versorg twaalf ouerlose en gestremde kindertjies.   Besoek gerus die webblad http://henekahaven.co.za/ vir meer inligting.   Hulle benodig doeke no. 5 , “wipes” en klere vir babas. Indien die Leipies een van die items wil skenk, stuur dit asb. na die kantoor toe.   Enige hulp sal baie waardeer word.