Landloop

Landloop 2013 Derde Kwartaalinligting

Daar vind 4 ligas en 1 kampioenskap plaas . Atlete moet aan 3 ligas en die kampioenskap deelneem.

Landloopdatums – Derde kwartaal

19 Julie  2013  –  Liga 1   L/s Swartkop

26 Julie 2013   –  Liga 2   L/s Kameelfontein

2 Augustus       –  Liga 3   L/s Simon Bekker

16 Augustus     –  Liga 4   L/s Vissershoek

24 Augustus     –  AGN Kampioenskappe  H/s Eldoraigne en Sutherland

14 September   –  SA Kampioenskappe  Potchefstroom

PROGRAM – LIGABYEENKOMSTE

D o/8        1 km   14:30            S o/8      1 km      14:40

D o/9        2 km   14:50            S o/9      2 km     15:05

D o/10      2 km   15:15            S o/10    2 km     15:25

D o/11      3 km   15:35            S o/11     3 km    15:55

D o/12      3 km   16:10            S o/12     3 km    16:30

D o/13      3 km   16:45            S o/13     4 km    17:05

R100 registrasie betaalbaar by Me Coetzee. Dit sluit inskrywingsgeld vir byeenkomste en huur van klere in.

Atlete wat by Prof Jan Neser oefen, gaan so voort.

Atlete wat nie by Prof Jan oefen, oefen by skool.

Skooloefentye: Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 14:00 tot 14:45 (by lapa)

Oefentye – Prof Jan: Maandae, Dinsdae, Woensdae, Donderdae 16:15 en Saterdae 8:00 by H/s Centurion (gratis professionele afrigting)

Landloop is 'n ongelooflike sport waarby elke kind kan baatvind. Word deel van ons landloopspan. LANDLOOP IS LEKKER ! ! !

Laerskool Louis Leipoldt se landloopatlete het ywerig deelgeneem en hierdie 11 atlete het GautengNoord kleure vir landloop gekry na die seisoen.

Almero Muller, KC Boshoff, Rievan Lombard, Chaan Hefferman, Dillan van Niekerk, Ame van Breda, Danell Viljoen, Isabelle van Niekerk, Jana van der Merwe, Natasha Matthee, Clarissa Pretorius


Tydens die tweede kwartaal vind daar landloopbyeenkomste plaas. Die atlete wat daaraan wil deelneem, doen dit op hul eie. Afrigting vind nie gedurende die tweede kwartaal by die skool plaas nie. Ouers is self verantwoordelik vir die atlete se vervoer en toesig na en by die byeenkomste. Daar is wel elke dag oefening by Hoërskool Centurion. Die afrigter is Prof Jan Neser. Hy bied gratis spesialisafrigting aan ons atlete van skole uit die omgewing. Hou ons nuusbrief dop vir oefentye. Die atlete wat  daar oefen staan bekend as die Woerie Welpies en hardloop gedurende die tweede kwartaal onder die naam. 'n Atleet moet ten minste aan 3 van die 6 byeenkomste deelneem om te kan kwalifiseer vir die provinsiale byeenkoms. Inskrywingsgeld beloop R15 per wedloop. Atlete moet met tekkies hardloop. Dit is strawwe kompetisie en atlete moet al redelik fiks wees. Indien die atleet nog glad nie geoefen het nie, beveel ons aan dat hy eers begin oefen en dan aan die Derde Kwartaal landloop deelneem. Die skool is ook hierby betrokke. 


Ons landloopatlete is hard aan die oefen en besig om die vrugte vir hul harde werk te pluk. Die Woerie Welpies is ‘n gemengde skolegroep wat elke dag afrigting by prof Jan Neser ontvang. Die oefeninge vind plaas by Hoërskool Centurion. Die atlete kry hierdie spesialis afriging gratis.

Die atlete het reeds hierdie kwartaal by Transnet, TUT,Soshanguve en Bronkhorstspuit deel geneem. Daar was ook ‘n nagresies by TUT. Ons Leipie atlete vaar baie goed en ons behoort ‘n hele paar atlete in die Gauteng Noordspan te hê.

Die derde kwartaal vind die skole liga’s plaas. Atlete moet hiervoor geregistreer wees. Na die Julie vakansie sal daar afrigting by die skool wees. Jy kan egter nie eers dan begin oefen en dink jy gaan fiks word nie. Ons doen ‘n beroep op elkeen wat ernstig is oor landloop om nou al by oom Jan te oefen.

Kom word lekker fiks, en rol die kilometer op!
Mev. A. Coetzee