Altesaam 41 skole en 38 ateljees van reg oor Pretoria het hierdie jaar aan die gesogte Centurion Kunstefees deelgeneem en Laerskool Louis Leipoldt is weereens aangewys as die Beste Laerskool in alle afdelings van Afrikaanse Drama.  Dit is die sesde jaar in ‘n ry wat Leipoldt hierdie prestasie behaal.  Hulle het egter ook die trofee gewen vir die Beste Laerskool/Ateljee in alle afdelings van Engelse Drama, ‘n besonderse prestasie vir leerders wat in hulle tweede taal moes meeding.

Leipoldt het onder andere die Laerskool Public Speaking wenner opgelewer, vyf van die Poetry afdelings en vier van die poetry trofees tydens die gala-aand gewen.  In Afrikaans het hulle ook die beste Laerskool Redenaar opgelewer en in die gewilde voordrag-afdelings, die Graad 4, 6 en 7 se seuns én dogters afdelings gewen.

Trofee en medalje wenners van Laerskool Louis Leipoldt

Ongeveer 90 Leipies het ingeskryf vir meer as 200 verskillende items, maar dit was veral in die drama-afdelings waar hulle uitgeblink het.  Leipoldt het altesaam 26 afdelings gewen en die leerders het 81 A++ en 75 A+ simbole verwerf.

Op grond van uitsonderlike prestasies tydens die fees, is 13 leerders genooi na die gala-aand waar hulle spesiale toekennings ontvang het.

  • Carla Venter (Graad 6): Redenaars: Algehele wenner Laerskole.
  • Mia Schabort (Graad 4): Algehele wenner Poësie – Dogters Graad 3 – 4.
  • Chanté Kruger (Graad 7): Algehele wenner Poësie, Dogters Graad 7.
  • Wilco Olivier (Graad 7): Algehele wenner Poësie, Seuns Graad 7.
  • Luché Steyn (Graad 7): Algehele wenner Prosa, Laerskole.
  • Mia Schabort en Mikayla Smit (Graad 4): Algehele wenner Samespraak, Laerskole.

Shané Noppe was die algehele wenner van die Graad 4-6 Woordspel en Josua Markram die algehele wenner van die Graad 7 Woordspel.

  • Zani Nell (Graad 3)                 Best Achievement Poetry Girls, Grade 1 – 3
  • Ewald Calitz (Graad 4)           Best Achievement Poetry Boys, Grade 4 – 5
  • Nina Strydom (Graad 6)        Best Achievement Poetry Girls, Grade 6 – 7
  • Gideon Markram (Grade7)    Best Achievement Poetry Boys, Grade 6 – 7

Mia Jansen van Vuuren in Graad 4 het die trofee gewen vir die mees belowende talent, Ligte musiek, vokaal.

 

Graad R tot 3 deelnemers