Hoërskool Centurion top skool in Centurion!

Tydens die Gauteng Department van Onderwys se prestige funksie vir Tshwane Suid, het Hoërskool Centurion die volgende toekennings ontvang.

1. Beste vakuitslae in streek op grond van Gr.12-leerders van 2015 se uitslae onder al die skole in Centurion :

Engels
Elektriese Tegnologie
Ekonomie
Lewenswetenskappe
Fisiese Wetenskappe
Wiskunde

2. Hoërskool Centurion het ook ‘n toekenning  op grond van die 100% slaagsyfer van 2015 ontvang.

3. Hoërskool Centurion is ook aangewys as die top akademiese skool in Centurion!