Mikayla Smit, Jean-Mari Swart, Duané Langner en Merie Langner was al onderskeie tema- en algehele wenners van Hoërskool Centurion se fotografieklub die afgelope jaar. Afgesien van die klub se eie foto-aande, skryf hulle ook vir nasionale wedstryde in. Twee van haar foto’s ontvang meriete sertifikate en nog 4 ontvang nasionale aanvaardings. Merie het in dieselfde wedstryd 4 foto’s ingeskryf, 1 ontvang ‘n meriete sertifikaat en 2 ontvang nasionale aanvaardings. Beide van hulle skryf in vir die PSSA (Photography Society of South Africa) se Cerificate of Excellence. Hulle moet ‘n paneel van 10 foto’s inskryf en al 10 foto’s moet deur 3 beoordelaars aanvaardings kry. ie FAK se Ekspo en Centurion Kunstefees is van die volgende wedstryde wat voorlê. Leipies in Gr 6 en Gr 7 is welkom om by Hoërskool Centurion se fotografieklub te kom aansluit. Stuur ‘n e-pos na fotografie@hscenturion.co.za.