Hoërskool Centurion het ‘n fotografieklub waaraan  Leipies ook kan deelneem.  Hierdie jaar se Covid het ons nie gestop nie en ons het ons foto’s nogsteeds digitaal ingestuur en die foto’s is op Teams, die Hoërskool se aanlyn program, beoordeel en kommentaar op gelewer.  Twee Leipies het vir Augustus se inskrywings beide afdelings gewen.  Die tema was Musiek en Duané Langner is die Temawenner met haar foto Liefde vir musiek.  Dané Fourie is die Algehele wenner met haar foto Doudruppels in die natuur.