ForieveesAdvertensie

Op Saterdag, 8 November 2014 is die ForieVees!  Hierdie aksiebelaaide dag sluit die volgende in:
5 km pretdraf/stap
Skattejag
Kultuurverhoog (enige iemand kan R20 betaal om aan die sang kompetisie) deel te neem. As hulle nie aan die kompetisie wil deelneem nie kan hulle sommer 'n liedjie of twee kom sing. 
Vlooimark ( forievees@gmail.com as jy belangstel in stalletjies )
Speelares vir kinders
Biertuin vir volwassenes

Voortrekkers en nie-Voortrekkers, ouers en gesinne kan in spanverband deelneem en 'n kans staan om pryse ter waarde van R1000 te wen. Spanne moet bestaan uit ten minste 6 maar nie meer as 8 lede nie – dit is nie verpligtend dat al die lede van jou span Voortrekkers moet wees nie. Om te kwalifiseer vir die pryse, moet die span deelneem aan die 5 km pretdraf/stap, skattejag en die kultuurverhoog.  Vir die kultuurverhoog moet elke span 3-5minute item uitwerk en voorberei.  Die 1925 "band" sal optree as die beoordeelaars van die kultuurverhoog.

Datum: 8 November 2014
Plek: Piekniekterrein. Die Voortrekker Monument

Program: 07:00 Inskrywings (voor die Monument asook piekniekarea)     *  Vlooimark tot (1.30)
08:00 Pretdraf/ stap (spring weg voor die Monument)
09.30 Kultuurverhoog (piekniekarea)                                                     *  Skattejag begin (12.30)
13:00 Prysuitdeling (by Kultuurverhoog)

Koste: R20
Inskrywings: Slegs by die registrasietafel (geen vooraf inskrywings vir die spankompetisies is nodig nie)

Navrae: Jean le Roux. 0798993619/0828544197 forievees@gmail.com

Kom geniet die ForieVees saam met Oord Monument jeugraad!

Vriendelike Groete
ForieVees