Vir hierdie projek was ons bevoorreg dat Fox Fire CC Firelighters geskenk het wat die Gr 7 leerlinge kan verkoop.  Die volle bedrag vorm deel van die Gr7-fondsinsamelings-bedrag.  Hierdie projek hardloop tot Oktober 2014, MAAR dit is nie waar dit stop nie!!!  Mnr Benade het verder gegaan en gesê dat indien ‘n leerling 3 bokse firelighters verkoop, daardie leerling ‘n naweek se verblyf GRATIS by Margate kan kry!  Wat ‘n uitdaging!  See, sand en sonskyn … hier kom ons!i