Eben Greyling - Hoofseun

Geniet hierdie byeenkoms saam want dit is onderwysersdag!

Baie dankie aan al my mede graad 7 leerders vir julle bydraes vir vandag se funksie.  Dankie aan die leiers vir julle moeite met die hele spookprojek, al die handgemaakte kaartjies, blomme en geskenkies. 

Ek het die blydskap op die gesigte van die onderwysers gesien toe hulle die briefies lees en vir mekaar wys.  Hulle glimlagte en vreugde het vir ons gewys dat hulle dit baie geniet  en baie waardeer. 

Iemand het eenkeer gesê:  Die beste onderwysers gee uit hul hart onderrig, nie uit boeke nie.

En dit is wat ons beleef by ons skool, onderwysers wat uit hul hart skoolgee.  Baie dankie aan al die onderwysers wat hierdie vreemde jaar aangepak en met groot sukses aanpassings moes maak en ons gehelp het om ook aan te pas en suksesvol te leer. 

Geniet onderwysersdag.

Eben Greyling

Elmi Pretorius - Hoofdogter

Goeiemôre Graad 7 Leipies en onderwysers!  Mense praat   van die onderstebo jaar 2020.  Ons skuld reeds die onderwysers ‘n reuse dankie-sê wat ons skooljaar vir ons so min onderstebo as moontlik probeer maak het.  Met die pandemie kon ons nie ‘n groot fondsinsameling hou nie, maar nogtans dra die klein persentjie vir elke onderwyser groot waarde!  So baie dankie vir al die Gr.7’s se bydrae.  Ek is seker elke Gr.7 leerder het dit met groot waardering geskenk. 

Ons leiers  het hopelik ‘n nuwe tradisie begin waar ‘n leier anoniem by ‘n onderwyser en administratiewe personeellid gespook het deur koffie, ‘n kaartjie en blomme vir hulle te gee.  Ek wil graag elke leier bedank vir hulle kreatiwiteit en moeite.  Vir briefies uit hul harte geskryf, papierblomme gevou, blommeruikers gemaak en gediggies geskryf.  Die onderstebo jaar 2020 het verseker baie nuwe uitdagings vir die onderwysers.  Ons leiers hoop hierdie ‘spook’-projek het elke onderwyser en administratiewe personeellid baie spesiaal laat voel, want dit was die bedoeling.

Elmi Pretorius

Christiaan de Wet - Onderhoofseun

Die voorwaarde vir goeie onderwys is goeie onderwysers. Roepingsgedrewe, getroue onderwysers. 

Daarom is Nasionale Onderwysersdag se bedoeling om so bietjie te fokus op die harde werk van onderwysers en die professie van onderwys in die algemeen.

Hier naby die herdenking van Paul Kruger dag (10 Okt) maak dit sin om die harde en getroue werk van onderwysers in gedagte te hou.

Oom Paul het immers vir goeie onderwysers selfs in die buiteland gaan soek en hulle na Suid Afrika laat kom en aan hulle die opdrag gegee om die nageslag akademies op te voed.

‘n Samelewing kan na hierdie kant toe stoei en na daardie kant toe besig wees, maar as jy goeie onderwys mis, dan mis jy die nageslag.  Vir ONS.

Die teenoorgestelde is natuurlik ook waar. Goeie onderwys skuif n samelewing.

En goeie onderwys is net moontlik as daar goeie onderwysers is.

Goeie onderwys is geweldig belangrik en daarom om vier ons die saam hier by Louis Leipoldt.

Daarom dink ons ook as graad 7s terug aan onderwysers,

wat ons lewe verander het,  in ons geglo het, en vir ons geleer het hoe om die onbekende toekoms binne te gaan.

Ons graad 7s eer ons hoof en onderwyses en sal vir altyd dankbaar bly vir julle.

Christiaan de Wet

Carla Venter - Onderhoofdogter

Onderwysersdag 2020

Vandag vier ons Onderwysersdag. Ons wil graag dankie sê vir elke personeellid in Louis Leipoldt.

Onderwysersdag het ontstaan sodat ons ons respek en waardering vir al ons juffrouens en menere kan wys.  Hierdie jaar het ons dit gedoen deur vir elke onderwyser ‘n briefie te skryf waarin ons ons dankbaarheid wys.

Ons sê dankie vir:

  • Die kreatiewe onderwysers wat ons leer om buite die lyne in te kleur
  • Die wat ons eerste stel en die kurrikulum tweede
  • En die wat vir ons wys dat dit nog moontlik is om te vlieg

Dankie vir julle toegewydheid en moeite veral in die jaar se moeilike omstandighede!

Julle is ware superheroes!!

Carla Venter