Baie dankie aan al die Leipie leerders en ouers wat klere en speelgoed geskenk het.

Jakaranda kinderhuis is baie dankbaar vir alles.  Simoné het lekker saam met die kinders gekuier en is dankbaar dat al die Leipies iets goed vir iemand anders kon doen.

Hulle het ook die denims wat al die finaliste op die aand van die kompetisie gedra het, geskenk vir die kinderhuis.  Die meisies het dit aangepas en vir ons geparadeer en hulle was in vervoering.

Hier is ‘n paar fotos.

Ek is so trots op die Leipies wat ons so mooi gehelp het hiermee.