Soveel wonderlike vriende van GROOTfm 90.5 het die afgelope maand deelgeneem aan ons #BaadjieVir’nMaatjie winterprojek ten bate van PEN en Helpende Hand

Skole soos Hoërskool Waterkloof en HTS John Vorster, Laerskool Louis Leipoldt en Danie Malan, Trinity School en Soenetjie Kleuterskool het gewys dat ons omgee vir ons naaste net soveel gewig dra as ons prestasie agter die boeke, op die verhoog of op die sportveld!

Oud en jonk het die eenvoudige lewenswaarheid van “as ons deel het almal ewe veel” baadjie-vir-baadjie bewys!