Liefdadigheidswerk

Simoné Calitz in Graad 6 is ‘n finalis in Mej. Elite SA modelkompetisie.

Die kompetisie vind plaas op 25 Maart 2017 in Klerksdorp ouditorium.
Sy samel fondse in vir die “Feed the Babies” organisasie en hulle benodig ook babaklere, doeke, babamelk en ryspap.

Sy verkoop ook handgemaakte armbandjies vir fondsinameling en is dankbaar vir al die Leipies wat haar reeds hiermee ondersteun het.

Indien jy ‘n skenking wil maak kan jy dit by Elna by die skool se ontvangs los.
Vir kontantskenkings/borgskappe kontak asb. vir Cariné Calitz by 084 909 5010.
Laaste dag vir skenkings is 24 Maart.

Daar is ook ‘n fotokompetisie waar jy vir Simoné kan stem vir publiek se keuse prys.

Sms Elite800 na 47439   Sms kos R3     

Ons vra asb. ondersteuning.  Help Simoné asb. om minderbevoorregte kinders te help.

#Operasie Gryswater op Maroela Media se webblad


nikitas-poster

LeipieOmgee Nuwe koslys

baadjie vir n maatjie6

‘n Baadjie vir ‘n Maatjie oorhandiging 16 Mei 2016

[NUUS – 11H00 – 2016/06/16]

Die Laerskool Louis Leipoldt in Pretoria en die Midstream College in samewerking met kerksondermure in Centurion is die jongste organisasies om by te dra tot  GROOTfm90.5 se “Baadjie vir ‘n maatjie” Winter-projek, ten bate van die liefdadigheids-organisasie PEN. Projek-organiseerder Lindie Strydom sê die inisiatief wat op die 3de Mei afgeskop het, wat poog om warm baaidjies vir minder-bevoorregte Pretorianers vir hierdie winter op groot maat bymekaar te maak, loop tot en met volgende Vrydag, die 27ste Mei:

Nuus 11-uur LindiePEN [00:00:36]

Die koordineerder van Laerskool Louis Leipoldt se omgee-projekte Lizet Bosch du Preez sê die “Baadjie vir ‘n maatjie”-projek pas goed in by díe skool se om-gee-kultuur:

Nuus 11-uur LaerskoolLouis [00:00:15]

Die baadjies sal op die eerste dag van die winter, op Woensdag die 1ste Junie aan PEN oorhandig word, wat dit sal versprei aan persone wat by sy op-heffings-projekte in-geskakel is. Besoek PEN se web-blad pen.org.za vir meer inligting.

Luister na die berigte hier:

   baadjie vir n maatjie5 baadjie vir n maatjie4 baadjie vir n maatjie3 baadjie vir n maatjie2 baadjie vir n maatjie1

ICCD Thank You letter 2016 Louis Leipoldt

HenekaHaven3 HenekaHaven2

Baie dankie aan Simone en haar Oupa Louis van Helpende Hand vir die doeke en lekker partytjie. Ons almal het dit so geniet.
Heneka Havev

Simoné Calitz (Graad 4 W)  gaan Saterdag 31 Oktober Heneka Haven kinderhuis besoek in Elarduspark as deel van haar Omgee projekte as Mej. Centurion Schools Petite.

Die kinderhuis versorg twaalf ouerlose en gestremde kindertjies.   Besoek gerus die webblad http://henekahaven.co.za/ vir meer inligting.   Hulle benodig doeke no. 5 , “wipes” en klere vir babas.

Indien die Leipies een van die items wil skenk, stuur dit asb. na die kantoor toe.   Enige hulp sal baie waardeer word.

omgee1
Dankie vir die lekker kolwyntjies!

Omgeeweek 2015

Baie dankie aan al die Leipie leerders en ouers wat klere en speelgoed geskenk het.
Jakaranda kinderhuis is baie dankbaar vir alles.  Simoné het lekker saam met die kinders gekuier en is dankbaar dat al die Leipies iets goed vir iemand anders kon doen.
Hulle het ook die denims wat al die finaliste op die aand van die kompetisie gedra het, geskenk vir die kinderhuis.  Die meisies het dit aangepas en vir ons geparadeer en hulle was in vervoering.
Hier is ‘n paar fotos.

Ek is so trots op die Leipies wat ons so mooi gehelp het hiermee.


Thank you Letter Downs Syndrome Association Tshwane

Ons gebruik elke dag die kombersies tot skool verdaag.  Hul kan nie wag soggens dat ek klas moet oopsluit nie.  Hul kom mat  toe, lees en skryf met dit om die lyf.  Ons hele Grondslagfase sit veelkleurig daarmee, baie minder afwesighede!!! Ons speel netbal,  atletiek in die sportdrag wat julle gestuur het.    Baie baie dankie – Adjunkhoof Mev Nerina Venter

Kareefontein Primêre skool   


Me.L. Strydom

“As jyself dink en doen, is jy beperk tot jouself, As jy LEES, en DINK en DOEN, is die wye wêreld jou helper.” (Readers’ Digest)”

Namens die Sproetgesiggie kleuter en Naskool sentrum wil ons Solidariteit en Laerskool Louis Leipold, Groot FM van harte bedank vir die storieboeke wat u aan ons geskenk het. Die boekies is uitgedeel aan behoeftige kinders.

Dankie dat julle ons help om ‘n verskil te maak in hierdie kinders se lewens. Die boekies is ‘n groot geskenk vir hierdie kinders.

Vriendelike Groete
Corlien le Roux
Sproetgesiggie Kleuterskool en Naskool senturm

Sproetgesiggie Sproetgesiggie1 Sproetgesiggie2


Omgee

Kliek om te luister.

Leipie Omgee Inligting- kliek hier

Bank besonderhede vir inbetalings:
ABSA Lyttelton – Tjekrekening
Rek No: 600510118 Takkode: 632005
Verwysing: LEIPIE OMGEE