Die fotografieklub het weer ‘n fotowedstrydaand aangebied na die eksamentyd en vakansie. Die tema vir vrouemaand was blomme en beide die 1-ster (beginner), sowel as die 2-ster (gevorderd) se tema wenners kom vanaf Louis Leipoldt.  Mikayla Smit (Gr 6) is die 1-ster temawenner met haar foto Môre dou en die 2-ster temawenner is Duané Langner (Gr 7) met haar foto Pienk roos.  Duané is dan die algehele temawenner van die aand.

Die algehele 1-ster wenner (sonder die tema) is Marise Geldenhuys met haar foto Fleur en die 2-ster algehele wenner is Alet du Preez met haar foto Short clawed Lark.  Alet is dan ook die gesamentlike algehele wenner vir die aand.

Die Fotografieklub het nog net Septembermaand oor vir fotowedstrydaand, dan sluit ons af vir die jaar.  Ons wag nog vir uitslae van die PSSA wedstryd, die FAK se internasionale Ekspo en die Centurion Kunstefees wat uitgestel is.